DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening—Kontak almal in die gebied
WAAROM DIT BELANGRIK IS: Sagaria het voorspel dat mense uit al die tale van die nasies gunstig op die goeie nuus sou reageer (Sag 8:23). Maar wie sal hulle leer? (Ro 10:13-15). Ons het die voorreg en verantwoordelikheid om die goeie nuus aan almal in ons gebied bekend te maak.—od 84 ¶10-11.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Berei voor. Loop jy mense raak wat ’n ander taal praat? Jy kan die JW Language-app gebruik om ’n maklike aanbieding te leer. Of jy kan jou elektroniese toestel gebruik om vir iemand te wys hoe om meer inligting in sy taal op jw.org te vind
-
Wees oplettend. Wanneer jy van huis tot huis werk, moet jy ook uitkyk vir ander geleenthede waar jy vir mense wat verbyloop en dié wat in karre sit, kan getuig. As jy aan openbare getuieniswerk deelneem, moet jy onthou dat jy daar is om vir mense te getuig
-
Wees ywerig. Gaan terug na diegene wat jy nie die eerste keer by die huis gekry het nie. Probeer om by elke huis met ten minste een persoon te gesels, selfs al moet jy op ’n ander tyd van die dag of ’n ander dag van die week teruggaan. Jy sal party huisbewoners dalk moet kontak deur briewe, telefoonoproepe of straatgetuieniswerk
-
Moenie opgee nie. Gaan so gou as moontlik terug na mense wat belangstel. As die persoon ’n ander taal praat, moet jy iemand probeer kry wat hom in sy eie taal kan help. Gaan gereeld terug na die persoon totdat verkondigers wat sy taal praat by hom uitgekom het.—od 93 ¶39-40
KYK NA DIE VIDEO “DIE MEES AFGELEË DEEL VAN DIE AARDE” HOOR DIE GOEIE NUUS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het die broers en susters hulleself voorberei voordat hulle in die afgeleë gebied gaan preek het? (1Ko 9:22, 23)
-
Watter uitdagings het hulle gehad?
-
Watter seëninge het hulle geniet?
-
Wat kan jy alles doen om meer mense in julle gebied te kontak?