ONS BESKOU DIE WÊRELD
Die kollig val op Afrika
Baie organisasies en individue wend steeds pogings aan om die lewensgehalte in Afrika te verbeter. Maar hierdie deel van die wêreld word nog steeds geteister deur probleme wat blykbaar nie oorkom kan word nie.
Renosterstropery
In Suid-Afrika is altesaam 1 004 renosters onwettig in 2013 doodgemaak, in vergelyking met net 13 in 2007. Maar ondanks die groter toevoer van renosterhoring is die aanvraag daarvoor nog steeds so groot dat dit soms per kilogram duurder is as goud. Een horing kan tot vyfmiljoen rand kos.
IETS OM OOR TE DINK: Sal regerings ooit wetteloosheid uit die weg kan ruim?—Jeremia 10:23.
Omkopery word nie gerapporteer nie
Die lande in Oos-Afrika het van die hoogste syfers van omkopery in die wêreld, sê Deursigtigheid Internasionaal. Maar sowat 90 persent van die mense wat omkopery teëkom, rapporteer dit nie. ’n Woordvoerder van die organisasie se afdeling in Kenia sê: “Burgers vertrou blykbaar nie dat hulle regerings iets omtrent die klagtes oor korrupsie sal doen nie.”
WAT DIE BYBEL SÊ: “Die omkoopgeskenk verblind skerpsiendes.”—Eksodus 23:8.
Afrika aanlyn
Volgens die Internasionale Telekommunikasie-unie is daar verwag dat byna 20 persent van die mense in Afrika teen die einde van 2014 die Internet sou gebruik. In Afrika groei die aantal Internet-inskrywings vir draagbare toestelle twee keer so vinnig as die wêreldgemiddelde.